Susterhulpdiens
Die grondslag van die Sustershulpdiens is die Woord van God soos dit bely word in die drie formuliere van eenheid.
Alle belydende susters van die Gereformeerde Kerk Totiusdal is lede van die Sustershulpdiens. Die Susterhulpdiens staan onder die toesig van die Kerkraad.
Dienslewering in die gemeenskap
Dit sluit in die aanbied van praktiese ondersteuning soos kos, klere, berading of hulp met daaglikse behoeftes as ‘n uitdrukking van die kerk se liefde en sorg vir die kwesbares:
• Naaiprojek vir Paul Kruger Kinderhuis
• Koningskinders: Maaltydondersteuning
• Huis Vergenoeg: Jaarlikse besoek met verversings en ‘n program
• Ander skenkings soos nodig
Doelstellings
Om die susters in die Gereformeerde Kerk Totiusdal te help en te ondersteun om haar amp van gelowige ten volle uit te leef tot opbou van die gemeente en tot eer van God.
Doelstellings word as volg bereik:
• Skep Skrifgefundeerde strukture en geleenthede waar geestelike en liggaamlike behoeftes van ons naaste aangespreek word.
• Vergader gereeld en bevorder sodoende die gemeenskap van gelowiges.
• Skep geleenthede waar God gegewe gawes ontdek, ontwikkel en aangewend word.
• Ondersteun die Kerkraad en om van hulp te wees tot opbou van die gemeente.
• Om alles tot eer van God te doen.
Mede susters toe te rus met kennis van die Woord
Dienslewering in die gemeente
Dienslewering binne die gemeente fokus op die versorging van lidmate in nood deur middel van besoeke, emosionele ondersteuning, gebed en praktiese hulp. Dit verseker dat niemand vergeet voel as gevolg van siekte, verlies of ontbering nie, en weerspieël die eenheid en liefde van Christus in die kerkfamilie:
• Skink van tee
• Broodjie-aande
• Broodjies tydens breë kerkraadsvergaderings
• Dames-oggende organiseer
• Begrafnisse: tee-skink en bedien van broodjies
• Organiseer van gemeente-etes na nagmaal
• Belydenisaflegging: tee-skink en verversings organiseer
• Wegneem-etes en bak van koeksisters
• Besoek van bejaardes, siekes en eensames
• Reël van etes by ernstige siektes of geboortes
• Organiseer die Kersprogram
• Ander gemeentelike funksies soos kermis en ander feesgeleenthede
